Home › Forums › NATS NIBBLES › Mike Bolhuis ondersoek Mel en Peet Viljoen van Tammy Taylor Nails
- This topic is empty.
-
AuthorPosts
-
2023-02-07 at 19:50 #392401
Nat Quinn
KeymasterDie eienaars van die bekende Tammy Taylor Nails-handelsmerk is van mening dat hulle nie by enige bedrieglike transaksies betrokke is nie, nadat hul sakeonderneming die afgelope paar maande weer media-aandag gekry het.
Hulle word nou daarvan beskuldig dat hulle generiese produkte in Europa koop en dit in Suid-Afrika herverpak met etikette wat hul plaaslik druk.
Die spesialisondersoeker Mike Bolhuis het die volgende inligting gedeel:
- Die deelname van mnr en mev Viljoen aan die televisieprogram, ‘Die Real Housewives van Pretoria’ het weereens die kollig op hul sakebedrywighede geplaas.
- Carte Blanche het ook hul besigheid ondersoek.
- Hulle word nou daarvan beskuldig dat hulle generiese produkte in Europa koop en dit in Suid-Afrika herverpak met etikette wat hul plaaslik druk.
- Hulle verkoop die produkte aan hul kliënte by hul Tammy Taylor Nails-salonne, asof dit die oorspronklike handelsmerkprodukte is.
- Die produkte sluit in jel-naellak en poeier wat gebruik word om vals naels te skep.
Mike Bolhuis se Gespesialiseerde Sekuriteitsdienste beweer hulle het bewyse ontvang dat Tammy Taylor Nails Inc. in die Verenigde State van Amerika reeds die Viljoen se verspreidingsregte in April 2022 beëindig het.
Sien die dokumente hieronder:

Foto: Mike Bolhuis 
Foto: Mike Bolhuis 
Foto: Mike Bolhuis Mike Bolhuis se Gespesialiseerde Sekuriteitsdienste het klagtes teen die onderneming ontvang. Hierdie klagtes sluit onder meer die volgende in:
- Deposito’s tussen R172,500.00 en R300,000.00 wat betaal is om ‘n Tammy Taylor-franchise te open.
- Nadat ‘n deposito vir ‘n lisensie betaal is, is geen franchise geopen volgens die kontrak wat onderteken is nie.
- Wanneer ‘n terugbetaling aangevra is, is dit geweier.
- Geld is betaal en aanvaar sonder ‘n getekende kontrak om ‘n franchise te open.
- Daar is geen ondersteuning volgens die kontrak van die eienaars van Tammy Taylor Nails om die nuwe franchisenemer by te staan nie – al het die franchise nie wins gemaak nie.
- As die franchisenemer gekla het, is hulle van die Facebook-blad verwyder.
- Daar was geen advertensie op enige van Tammy Taylor Nails se webblaaie soos oorspronklik ooreengekom is nie.
- Talle klagtes met betrekking tot die kwaliteit van die naels en naelkuns, jel en naellak om net ‘n paar te noem, is op sosiale media geplaas.
VERWYSINGS NA NUUSARTIKELS:
- https://www.thesouthafrican.com/lifestyle/celeb-news/breaking-mel-peet-viljoen-previous-tammy-taylor-nails-controversy-carte-blanche-watch-31-october-2022/
- https://www.thesouthafrican.com/lifestyle/fashion-and-beauty/tammy-taylor-fake-products-carte-blanche-mel-viljoen-30-october-2022/
- https://www.dstv.com/m-net/en-za/show/carte-blanche/season/35/videos/tammy-taylor-franchise-fracas/video
- https://www.citizen.co.za/business/tammy-taylor-nails-empty-and-broken-promises/
Bolhuis deel verder die volgende inligting:
- Peet Viljoen was ‘n paar jaar gelede bekend as Pretoria se bekende prokureur, hoewel talle klagtes oor sy aktiwiteite so ver terug as 2008 aangemeld is.
- Hy is as prokureur van die rol geskrap en is ook gesekwestreer.
- Viljoen staan na bewering tereg op altesaam 347 korrupsie, bedrog en ander verwante aanklagte wat uit 2010 dateer. Hierdie aanklagte behels die verkoop van Johannesburg Metro-eiendomme. Hy het reeds in die hof verskyn en sy saak is van die Pretoria-Noordhof na die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria oorgeplaas.
VERWYSINGS NA ANDER NUUSARTIKELS:
- https://www.iol.co.za/entertainment/tv/reality-tv/die-real-housewives-van-pretoria-shine-a-light-on-the-drama-going-down-in-silver-lakes-f1e3496d-5aa1-4ed9-9d08-e4469ba8dd63
- https://www.iol.co.za/news/south-africa/gauteng/more-charges-for-former-hotshot-lawyer-1561550
- https://www.iol.co.za/news/south-africa/gauteng/celebrity-lawyers-woes-keep-on-piling-up-1130697
VERWYSINGS NA JONGSTE NUUSARTIKELS:
- https://vm.tiktok.com/ZMYNqm4Aa/
- https://vm.tiktok.com/ZMYNqMpDF/
- https://www.citizen.co.za/business/its-an-african-thing-tammy-taylor-nails-responds-to-misleading-statements/?fbclid=IwAR3II-8pgOI5ojEEe3dsHWjoaO5r_Uln26Vb2FWqFOg7fWDvgDhtRNqOofk
- https://www.citizen.co.za/business/tammy-taylor-nails-sa-caught-in-a-lie-over-relationship-with-mother-company/#.YLjvqJEBqQ8.facebook
- https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/in-diepte/die-porsche-die-waterponie-en-die-rolex-so-is-peet-viljoen-van-rol-geskrap-20230124
- https://www.thesouthafrican.com/culture/entertainment/real-housewives-pretoria-rhona-erasmus-peet-viljoen-marry-mel-12-january-2023/
- https://www.thesouthafrican.com/culture/entertainment/peet-mel-viljoen-tammy-taylor-nails-scandal-real-housewives-pretoria-17-january-2023/
- https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/glanspaar-se-oor-vals-naelprodukte/
- https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/carte-blanche-staan-by-insetsel-oor-viljoens-en-hul-naellak-20221102
- https://www.news24.com/you/celebs/local/real-housewives-mel-and-her-headline-making-husband-speak-up-about-the-tammy-taylor-saga-20221202
“Hul deelname aan die werklikheids-TV-program het dalk na ‘n geleentheid vir die egpaar gelyk om hul persoonlike “celebrity status” en hul besigheid uit te brei,” meen Bolhuis. “Dit het egter die teenoorgestelde effek gehad aangesien die legitimiteit van hul handelinge nou die fokus geword het van Bolhuis se ondersoek.”
Hier is die omstrede uitsendings op Carte Blanche:
INDIEN U ENIGE RELEVANTE INLIGTING MET BETREKKING TOT BOGENOEMDE HET OF INDIEN U ENIGE KOMMERS EN/OF KLAGTES HET, KONTAK ASSEBLIEF MNR MIKE BOLHUIS OF MNR VINCE HARRIS:
MNR MIKE BOLHUIS
Kontaknommer: +27 447 6116
E-posadres: mike@mikebolhuis.co.zaMNR VINCE HARRIS
Kontaknommer: +27 82 673 1830
E-posadres: vinceh@mikebolhuis.co.zaMike Bolhuis ondersoek Mel en Peet Viljoen van Tammy Taylor Nails (afrinuus.com)
-
AuthorPosts
- You must be logged in to reply to this topic.