Willem Kruger is op 13 November 2022 as vermis aangemeld.
Hierdie was sekerlik een van die mees opspraakwekkende vermiste-persoon-gevalle wat by Henbase Lodge plaasgevind het. Hier is waar Kruger en ander genooide gaste ‘n ramparty voor ‘n troue bygewoon het.
Kruger sou die nag daar oorslaap en die volgende oggend ry, maar het nooit by sy bestemming opgedaag nie. Hy en sy bakkie het spoorloos verdwyn, waarna ‘n uitgerekte soektog in en om Henbase Lodge en die Vaalrivier wat in vloed was, plaasgevind het.
Onthou jy die oomblik wat jy van sy naam bewus geraak het? Het jy saam die berigte oor die vermiste persoon gedeel en die nuus angstig dopgehou terwyl die wêreld ‘n boerseun in die hoop dat hy gevind word, leer ken het?
FiND iT het aanvanklik soos volg berig:
Willem Petrus Louw Kruger (29) het vanoggend om 03:00 uit Morgenzon na Marble Hall vertrek.
Hy het nooit sy bestemming bereik nie.
Willem is van gemiddelde bou, het bruin hare, blou oë, weeg ongeveer 100 kg en is ongeveer 2 m lank.
Hy was geklee in ‘n blou hemp en kakiekleurige kortbroek toe hy die laaste keer gesien was.
BRON:Willem Kruger – vandag een jaar gelede as vermis aangemeld (find-it.co.za)
