Farmers Lives Matter SA

Vrou na kleinhoewe-aanval in hospitaal

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Vrou na kleinhoewe-aanval in hospitaal

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #429187
    Nat Quinn
    Keymaster

    ONDERSTEPOORT, GAUTENG. – ‘n Vrou (63) en haar man is gister helder oordag op ‘n kleinhoewe, geleë op die hoek van Kiewietstraat en Soutpanpad in Onderstepoort, ‘n landelike gebied in die noorde van Pretoria, oorval. Die vrou is weens beserings in die hospitaal opgeneem.

    Adj.off. Johan van Dyk sê volgens rapportering het die vrou saam met haar man varkhokke skoongemaak. Hulle is deur ‘n groep van vyf verdagtes oorval, waarvan drie wat gewapen was hulle die hokke ingedwing het.

    Na bewering is die man en vrou vasgebind, waarna die verdagtes glo ‘n selfoon van hulle gevat en ‘n bedrag van R75 000 uit hul rekening oorgeplaas het. Elektriese toerusting in die huis is in ‘n Ford Ranger en Ford Bantam wat aan die egpaar behoort, gelaai, waarmee die verdagtes gevlug het. Die totale waarde van die gebuite besittings is tans onbekend.

    Twee van die verdagtes is deur die kleinhoewe-eienaars as hul werkers geïdentifiseer. Van die verdagtes het glo Shona gepraat. Al die verdagtes is na bewering Zimbabwiërs.

    Een skoot is tydens die insident afgevuur. Die ondersoek, na wat by Pretoria-Noord as ‘n besigheidsroof/plaasaanval geregistreer is, duur voort.

    Volgens ‘n betroubare bron was daar ses verdagtes betrokke en het een van die verdagtes, ‘n werker op die kleinhoewe, die vrou uit die huis gelok onder voorwendsel dat haar man haar soek. Die man is in die varkhok vasgebind en die vrou naby ‘n dam onderweg na die varkhok oorval. Die egpaar se skoonseun was ook tydens die voorval ‘n slagoffer. Voorts is ‘n meisie (5) van ‘n naburige kleinhoewe, wat deur een van die vroulike werkers op die geteikende kleinhoewe opgepas is, deur die verdagtes van die toneel ontvoer. Die kind se ouers weet tans nog nie waar sy is nie.

     

    bron:https://find-it.co.za/2023/11/21/vrou-na-kleinhoewe-aanval-in-hospitaal/

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.