Julius Malema het vanoggend ‘n video op X geplaas waarin hy en oud-president Jacob Zuma dans.
Die video se byskrif lees: “Haters get your morning greetings from @elonmusk.”
Daar is reeds sedert die omstrede “Kill the boer” verlede week by die EFF se 10de bestaansjaar feesvieringe gesing is, oor-en-weer boodskappe van Julius Malema en Elon Musk op X.
Musk het in ‘n eerste boodskap president Cyril Ramaphosa se stilte oor die aangeleentheid bevraagteken en nadat die New York Times berig het dat die sing van Kill the boer nie letterlik opgeneem moet word nie gevra die publikasie moet gekanselleer word.
Op sy beurt het Malema kommentaar gelewer oor “‘n mal persoon met geld wat uiters gevaarlik is.”
Zuma het nou meer onlangs die nuus gehaal omdat hy glo vir mediese behandeling in Rusland was, oor ‘n voortslepende hofsaak. Daar sal hierdie week gehoor word of hy moet teruggaan tronk toe.
source:Video: Malema en Zuma dans op X – FiND iT (find-it.co.za)