Farmers Lives Matter SA

Man tydens huisroof op kleinhoewe oorval

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Man tydens huisroof op kleinhoewe oorval

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #427932
    Nat Quinn
    Keymaster

    LIMPOPO. – ‘n Man is Sondag in sy huis op ‘n kleinhoewe in Radium, Bela-Bela (Warmbad) op die Springbokvlakte oorval, vasgebind en beroof.

    Brig. Hlulani Mashaba sê die slagoffer het gelê en slaap toe sy blaffende honde hom wakker gemaak het.
    Terwyl hy uit die bed opgestaan het, is ‘n venster gebreek. Twee onbekende mans, een met ‘n vuurwapen, het na bewering sy slaapkamer binnegegaan en hom oorweldig.

    Hlulani sê die slagoffer het vir sy lewe gevrees en opdragte van die booswigte nagekom deur op sy bed te lê nadat hulle sy hande met skoenveters vasgemaak het. Daarna is sy kamer geplunder. Die booswigte het met onder meer selfone, kinderskoene, ses bokke en drie skape ter waarde van ongeveer R46 450 gevlug.

    Die slagoffer kon homself later loswikkel en het na die naaste plaas gehardloop om hulp te ontbied.

    ‘n Saak van huisroof is by die polisie geregistreer.

    Eniegiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan sers. Sekgobela Frans by 082 962 1493 bel.

     

    bron:Man tydens huisroof op kleinhoewe oorval (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.