Home › Forums › ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ › Leerling sterf in kliniek – LUR van Gauteng-onderwys loods skoolveiligheidsveldtog
- This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
-
AuthorPosts
-
2023-08-08 at 00:07 #415409
Nat QuinnKeymasterBrian Ndlovu, ‘n gr. 9-leerder van Queens High School in Johannesburg is op 31 Julie 2023 oorlede.
Steve Mabona, woordvoerder van GDO sê Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng, het bevestig die leerling het by ‘n Hillbrow-kliniek gesterf.
Die LUR het vandag die skool besoek.
Die oorledene se familie beweer ‘n ander matriekseun het hom gif in die badkamer gegee en vermoed afknouery was ‘n bydraende faktor.
Voorlopige ondersoek kon egter geen aanmeldings van afknouery waaronder die oorledene deurgeloop het vind nie. Selfs die skool se sekuriteitskameras kon nie die betrokke beweerde insident in die badkamer opspoor nie. Daar was ook geen vorige aanmeldings van afknouery deur die ouers of skoolberaders aangemeld nie.
Ndlovu was gesond toe hy die skool die betrokke dag verlaat het.
‘n Voorlopige ondersoek dui egter ‘n argument tussen die oorledene en ‘n gr.-8 leerder vroeër die dag op 31 Julie aan, waartydens die oorledene glo fisiek teenoor die gr.-8 leerder geraak het. Beide ouers van die leerders was Dinsdag 1 Augustus 2023 na die skool ontbied om vir dissiplinêre verrigtinge by mekaar te kom. As gevolg van Ndlovu se afsterwe het dit egter nie plaasgevind nie.
Volgens sy familie het hy die aand van maagpyn gekla en hy is na ‘n plaaslike mediese fasiliteit gehaas. Hy is by die fasiliteit dood verklaar.
‘n Skoolveiligheidsveldtog, “Operation Kgutla Molao,” is sedertdien geloods.
“Indeed, we cannot underestimate the negative impact of bullying at our schools, and we acknowledge that it is experienced across our schools. As such, we have launched a school safety campaign “Operation Kgutla Molao” which will assist us to attend to potential bullies, take them for necessary disciplinary intervention for the better, we need to assist them,” sê die LUR.
-
AuthorPosts
Viewing 1 post (of 1 total)
- You must be logged in to reply to this topic.