Farmers Lives Matter SA

“DIE TYD VIR AFWENTELING VAN POLISIËRINGSMAG IS NÓÚ,” MEEN AFRIFORUM

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ “DIE TYD VIR AFWENTELING VAN POLISIËRINGSMAG IS NÓÚ,” MEEN AFRIFORUM

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #428859
    Nat Quinn
    Keymaster

    Die burgerregteorganisasie, AfriForum sê in reaksie op die misdaadstatistiek is ‘n voorspelbare norm in Suid-Afrika, en skok nie meer nie.

    Die organisasie meen wat wel skok, is die feit dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens se topleierskap geen werkbare oplossings kan bied vir die 75 moorde en 75 pogings tot moord wat tans elke dag in Suid-Afrika plaasvind nie.

    Die organisasie se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk sê politieke inmenging, korrupsie, ’n gebrek aan opleiding en aanspreeklikheid lê die SAPD reeds veels te lank al lam.

    Hy meen dit is duidelik dat hierdie situasie nie op nasionale vlak reggestel kan word nie.

    Broodryk sê Suid-Afrika se enigste hoop om misdaad onder beheer te bring, rus nou by die afwenteling van polisiëringsmagte tot op provinsiale en streeksvlak.

    “Dié afwenteling van mag sal beteken dat provinsies en streke meer sê sal hê in die formulering van hul eie teenmisdaadstrategieë sowel as die uitvoering daarvan.”

     

    SOURCE:“Die tyd vir afwenteling van polisiëringsmag is nóú,” meen AfriForum – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.