Bejaarde man se moord ondersoek
KURUMAN – Die Noord-Kaapse polisie ondersoek die moord op ’n 78-jarige man nadat sy liggaam Woensdag langs sy verlate Isuzu-bakkie op die Seodingpad, net buite Kuruman, gevind is.
Kol. Cherelle Ehlers sê die oorledene is Maandagoggend laas gesien toe hy sy huis omstreeks 07:00 verlaat het. Sy verlate bakkie is Woensdag deur sy dogter opgemerk en hy is as vermis aangemeld. ‘n Onmiddellike soektog is van stapel gestuur en die liggaam van die man is kort daarna in bosse, nie ver van die voertuig af nie, gevind. Twee verdagtes is reeds deur die polisie in verband met die moord in hegtenis geneem.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om die polisie te kontak.
bron:Bejaarde man se moord ondersoek – Nuusflits