Hofsaak Plaasmoord
Kuruman
Hendrik Venter(81)
Venter is op 27 September 2024 wreedaardig met ’n voorwerp aangerand en vermoor.
Aanklagte sluit in roof met verswarende omstandighede en moord.
Die staat voer aan dat die beskuldigdes saamgesweer het om Venter aan te rand en te besteel.
Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers is adv. Japie Schreuder vir Kabelo Tata, adv. Hannes Rust vir Motswakgosi, adv. Kenneth Kgatwe vir Tshoganyetso Tata en adv. Kulani Biyela vir Bogodile.
Tydens hul verskyning op 23 Februarie 2026 te Kimberley, Hooggeregshof vir die voorverhoor verrigtinge is die saak uitgestel na 31 Augustus en die verhoor gaan in die rondgaande Hooggeregshof in Kathu plaasvind.
Die verhoor sal plaasvind van 31 Augustus tot 11 September 2026.
Johan Kloppers, berader van Hark Consultancy wat familie en lede van gemeenskap netna die moord besoek en berading en emosionele ondersteuning verskaf het, gaan die hofsaak bygwoon om ondersteuning aan familie, geliefdes en getuies te bied.