Farmers Lives Matter SA

KYK: Gewapende verdagte deur polisie doodgeskiet, twee beseer, twee gearresteer Deur Wanda Olivier Geskryf

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ KYK: Gewapende verdagte deur polisie doodgeskiet, twee beseer, twee gearresteer Deur Wanda Olivier Geskryf

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #463749
    Nat Quinn
    Keymaster

    GAUTENG. – Die SAPD het vanoggend vroeg een gewapende verdagte, wat vermoedelik OTM’e opgeblaas het, tydens ‘n oor-en-weer-skietery in Lenasia noodlottig gewond.

    Maj.genl. Nonkululeko Phokane het vanoggend die nuus gebreek van twee gewapende verdagtes wat doodgeskiet is. Daar is in der waarheid een verdagte doodgeskiet, twee verdagtes is onder polisiebewaking in die hospitaal, twee is gearresteer en ‘n verdere vyf het daarin geslaag om van die gereg te ontvlug.

    Inligting is ontvang van 10 beweerde sindikaatlede wat beplan om ‘n OTM op te blaas. Die beweerde sindikaatlede is as die mees gesoekte en gevaarlike kriminele in die provinsie bestempel. Met ontvangs van die inligting is ‘n operasie onder leiding van die polisie, saam met die taktiese reaksie-eenheid en Johannesburg-metropolisie geloods.

    Phokane bevestig die beweerde verdagtes is vir verskeie misdade waartydens OTM’e in Gauteng en aangrensende provinsies opgeblaas is, gesoek. Lt.genl. Shadrack Sibiya, die adjunk- nasionale kommissaris vir misdaadopsporing, het die dapperheid van diegene wat die opblaas van die OTM in Protea South gefnuik het, geprys.

    “Samewerking tussen wetstoepassing en relevante belanghebbendes soos private sekuriteit speel ‘n beduidende rol in die voorkoming en bekamping van ernstige en gewelddadige misdaad in die land,” het lt.genl Sibiya gesê.”

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.