Farmers Lives Matter SA

Vrou sterf na kleinhoewe-aanval

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Vrou sterf na kleinhoewe-aanval

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #453479
    Nat Quinn
    Keymaster

    Vrou sterf na kleinhoewe-aanval

    Foto: Ella Lourens Facebook-blad

    NOORDWES. – Martie Dorfling (58) is Saterdagoggend net na 02:00 in ‘n huurhuis, waar sy en haar ma op ‘n kleinhoewe in Mamogaleskraal buite Brits bly, deur ‘n verdagte geskiet. Dorfling het aan ‘n skietwond gesterf.

    Kol. Adéle Myburgh sê aan Nuusflits Dorfling het opgestaan en ‘n verdagte betrap wat glo besig was om ‘n plasma-TV te ontkoppel. Die verdagte het twee skote na Dorfling geskiet, waarvan een haar in die linkerbobeen getref het. Bettie Cornelius (79), Dorfling se ma, het gehoor iets is aan die gang. Martie Dorfling moes al sittende tot in die slaapkamer by haar ma beweeg omdat sy as gevolg van die skietwond nie kon loop nie. Dorfling het na haar ma omgesien.

    Met die polisie se aankoms op die toneel was privaat sekuriteitsdienste en ‘n ambulans reeds teenwoordig. Dorfling is na ‘n plaaslike hospitaal vervoer, maar het aan die skietwond gesterf.

    Die DSTV-dekodeerder en plasma-TV wat van die huis gesteel is, is by ‘n gat in die heining, waar die verdagte toegang tot die perseel verkry het, gevind. Een van die honde op die kleinhoewe is ook dood aangetref.

    Geen inhegtenisnemings is tot op hede gemaak nie, maar daar word na die verdagtes gesoek.

    ‘n Saak van moord en huisroof word ondersoek

    Enigiemand met inligting wat die polisie in hulle ondersoek kan help, word versoek om na vore te kom.

    BRON:Vrou sterf na kleinhoewe-aanval – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.