Farmers Lives Matter SA

Rasta Kenosi se borgaansoek uitgestel

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Rasta Kenosi se borgaansoek uitgestel

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #434524
    Nat Quinn
    Keymaster

    NOORDWES. – Die beweerde veediefstalsindikaatleier, Rasta Kenosi, se borgaansoek op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging is gister in die Ganyesa-landdroshof tot Dinsdag 9 Januarie uitgestel.

    Kenosi is verlede week borg op drie klagtes van poging tot moord toegestaan. Hy moes egter in aanhouding bly tot die borgtogaansoek vir die aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging gister voorgekom het. Verlede week se borgvoorwaardes het ingesluit dat hy elke Maandag en Vrydag by die Morokweng-polisiestasie aanmeld. Sy voertuie is ook teruggehou.

    Volgens Petrus Sitho, teenmisdaad-aktivis, bly Kenosi in aanhouding tot sy borgaansoek volgende Dinsdag.

     

    bron:Rasta Kenosi se borgaansoek uitgestel (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.