-
MPUMALANGA. – ‘n Man (38) het Maandagaand na bewering tydens ‘n argument eers oor sy vrou (36) in die cul de sac voor hul huis in Sunset Park op Secunda gery, waarna hy enkele ure daarna vermoedelik selfdood gepleeg het.
Brig. Selvy Mohlala sê die polisie is omstreeks 22:15 na ‘n toneel van gesinsgeweld ontbied.
Na bewering het die man tydens hulle rusie met ‘n Toyota Corolla oor sy vrou gery. Hy het eers glo van die toneeel weggery en toe teruggekeer, die vrou in die voertuig gelaai en haar na ‘n hospitaal geneem. Sy het aan haar beserings gesterf.
Die liggaam van die man is enkele ure daarna aan die onderkant van ‘n goudmynskag langs die pad tussen Evander en Secunda gevind. Hy het vermoedelik 35 meter ver na sy dood gespring.
Bure kon blykbaar hoor hoe die egpaar rusie maak. Die voorval het voor hulle drie jong kinders plaasgevind.
Die polisie het sake van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer.
Bronne: SAPD en Ridge Times
- You must be logged in to reply to this topic.