Farmers Lives Matter SA

R492 miljoen om 3 300 soldate teen zama-zamas te ontplooi

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ R492 miljoen om 3 300 soldate teen zama-zamas te ontplooi

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #428169
    Nat Quinn
    Keymaster

    President Cyril Ramaphosa het die week bevestig 3 300 soldate gaan die polisie help om onwettige mynbedrywighede in die land te beveg.

    Die soldate is aan die einde van Oktober ontplooi en sal die polisie tot einde April 2024 bystaan om misdaad te beveg en reg en orde te handhaaf.

    Dit sal die staat na verwagting R492 miljoen kos om die weermaglede teen onwettige mynbedrywighede in te span. Dit volg na die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, president Ramaphosa maande gelede gevra het om die weermag te gebruik om teen onwettige myners op te tree.

    Onwettige myners (zama-zamas) in die provinsie word van verskeie misdrywe beskuldig en bendebedrywighede in die myne is aan die orde van die dag.

     

    bron:R492 miljoen om 3 300 soldate teen zama-zamas te ontplooi (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.