Farmers Lives Matter SA

Meer as 95% van alle plaasaanvalle en -moordinsidente steeds onopgelos

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Meer as 95% van alle plaasaanvalle en -moordinsidente steeds onopgelos

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #420035
    Nat Quinn
    Keymaster

    Uit die 1 402 plaasaanvalle en -moordinsidente wat die afgelope vier jaar (vanaf 2019 tot 2022) deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangeteken is, is skuldigbevindings tot dusver in slegs 66 gevalle gemaak. Dit beteken dat meer as 95% van al dié gruweldade steeds onopgelos is. Dié en ander skokkende syfers rakende die arrestasie en vervolging van verdagtes betrokke by plaasaanvalle en -moordinsidente wat vanaf 2019 tot 2022 plaasgevind het, is vervat in ’n AfriForum-verslag wat vandag tydens ’n mediakonferensie in Pretoria bekendgestel is.

    Die verslag toon onder meer dat geen enkele suksesvolle vervolging van plaasmoorde in die ondersoektydperk in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes of die Noord-Kaap gemaak is nie. “Dit ten spyte van die feit dat die SAPD se Nasionale Strategie vir Landelike Veiligheid (NSLV) wat in 2019 geïmplementeer is, die verbetering van misdaadondersoeke en ’n verhoging in die aantal vervolgings van alle misdade wat in landelike gebiede gepleeg word, as ’n uitdruklike doelstelling in dié strategie uiteengesit het,” verduidelik Johan Nortjé, AfriForum-navorser en samesteller van dié verslag getiteld “Rural injustice: The low prosecution rates for farm attacks and murders”.

    “Swak ondersoekwerk, ondoeltreffende vervolgings en ’n duidelike onbereidwilligheid van die regering om landelike veiligheid en plaasaanvalle in die besonder te takel, is waarskynlik die rede vir dié skokkende bevindinge,” verduidelik Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid. “Die syfers spreek ’n bittere waarheid, naamlik dat plaasaanvallers nie net glo dat hulle kan wegkom met hul onverskoonbare misdade nie – hulle weet dit.”

     

    source:Meer as 95% van alle plaasaanvalle en -moordinsidente steeds onopgelos (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.