Farmers Lives Matter SA

Elon Musk vra ‘kanselleer publikasie’ na New York Times se berig oor ‘Kill the boer’

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Elon Musk vra ‘kanselleer publikasie’ na New York Times se berig oor ‘Kill the boer’

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #415085
    Nat Quinn
    Keymaster

     

    Elon Musk het hom weer uitgespreek oor die sing van “Kill the boer” onder leiding van Julius Malema by die EFF se 10de bestaansjaarvieringe.

    Nadat ‘n video daarvan aan die lig gekom het, het hy vir president Ramaphosa op die sosialemediaplatform X gevra waarom hy niks sê nie.

    Hierdie keer het die New York Times in ‘n berig gesê dat die sing van die omstrede lied nie as “lettelik” opgeneem moet word nie.

    Musk sê die nuuspublikasie het die vermetelheid om ‘n oproep tot volksmoord te ondersteun en gesê as daar ‘n tyd is om die publikasie te kanselleer, is dit nou.

    Julius Malema het Musk se boodskap op X gedeel en kommentaar gehad oor ‘n “mal persoon met geld wat uiters gevaarlik is”.

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.