Home › Forums › ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. › ‼️PLAAS AANVAL‼️
- This topic is empty.
-
AuthorPosts
-
2023-04-23 at 16:01 #401316
Nat QuinnKeymaster
PLAAS AANVAL
Boer op plaas beroof – verdagtes gesoek
‘n Boer (39) is Saterdag 22 April 2023 ongeveer middernag op sy plaas in Namboomspruit, Waterberg-distrik, Limpopo deur vermeende aanvallers oorval en beroof.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoorvoerder, sê na bewering het die boer in sy karavaan geslaap toe hy sy honde hoor blaf het, waarna hy ondersoek wou instel. Hy het glo twee onbekende mans buite gevind wat hom met ‘n pistool gedeig en terug in die karavaan gedwing het, waar hy met drade vasgemaak is.
Hierna is ‘n graaf, hamer, diesel, sonpanele en ander items op die werf gesteel.
Die polisie is van die insident ingelig en hulle is dadelik na die toneel. Lede het die gesteelde items by die munisipale vullishope weggesteek gevind. Hulle het kragopwekkers, komberse, kruiwaens, sonpanele, ‘n graaf, byl, hamer, wire piller en ‘n IBR-wasbak teruggekry.
Die verdagtes is onbekend en nog niemand is vir die huisroof in hegtenis geneem nie, alhoewel ‘n soektog geloods is.
Maj.genl. Jan Scheepers, die waarnemende provinsiale kommissaris van polisie in Limpopo, het gemeenskapslede wat moontlik inligting het om die polisie te help om die verdagtes vas te trek versoek om die inligting met die polisie te deel.
“Community must rest assure that such information will be treated with utmost confidentiality and will remain anonymously.”
Enigiemand met inligting kan met kapt. Modiba by 082 565 8299 in verbinding tree.
Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie gekontak word.
Inligting kan ook deur die MySAPS-toepassing gegee word.#farmer #overpowered #houserobbery
#FindIthttps://find-it.co.za/2023/04/23/boer-op-plaas-beroof-verdagtes-gesoek/
-
AuthorPosts
- You must be logged in to reply to this topic.