Farmers Lives Matter SA

LANGS DIENENDE PARLEMENTSLID VIER 35 JAAR

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM LANGS DIENENDE PARLEMENTSLID VIER 35 JAAR

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #398388
    Nat Quinn
    Keymaster
    30 Maart 2023
    Die VF Plus se hoofsweep in die parlement, dr. Corné Mulder het pas sy 35ste jaar as parlementslid van die Suid-Afrikaanse Parlement gevier.
    Mulder is op 29 Maart 1988 as lid van die Konserwatiewe Party as lid van die Volksraad in Randfontein verkies.
    Hy het kort voor die oorwinnig in Randfontein egter eers die verkiesing vir die kiesafdeling Gezina verloor. Hierdie mylpaal maak Mulder nou die langs dienende parlementslid in Suid-Afrika.
    Mulder het op sy Facebook-blad die 35 jaar ononderbroke diens as lid van die parlement as ‘n eer beskryf.
    Pieter (links) en Corné by hulle ma, Suzanne.
    “Dit is vir my ‘n voorreg om oor al die jare, op my manier ‘n positiewe verskil te kon probeer maak in mense se lewens.” Hy meen hy sal nou doelgerig daarmee voortgaan.
    “Ek wil opreg baie dankie sê aan my gesin, familie, kollegas, vriende en elkeen vir hulle hulp en ondersteuning oor al die jare. Nou saam vorentoe.”
    Sy broer, Pieter Mulder is op 2 Maart 1988 as parlementslid ingehuldig.

     

    source:Langs dienende parlementslid vier 35 jaar – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.